SA se spoor raak al hoe meer gevaarlik

Die Spoorwegveiligheidsreguleerder in Suid-Afrika het ernstige kommer uitgespreek oor veiligheidsverwante voorvalle op die land se spoornetwerk. Tot 1 600 gevalle van diefstal en vandalisme is tussen April verlede jaar en Maart vanjaar aangemeld. Plaaslike en internasionale rolspelers woon ʼn week lange spoorveiligheids-konferensie in Kaapstad by om die kwessies te bespreek. Prasa se groepshoof, Hishaan Emeran, sê van die vordering wat gemaak is om die probleme die hoof te bied, hou verband met die vervaardiging van veilige, moderne treine: