SA se SME’s moet uitkyk vir verkrygingsbedrog

Die verkrygingskenner in Suid-Afrika, Lerato Sebata, waarsku ontluikende ondernemings om bedag te wees op tenderswendelary. Dit volg nadat baie van hierdie ondernemings in die onlangse verlede die slagoffers was van swendelaars. Die bedrieërs teiken niksvermoedende sake-eienaars wat mislei word en dan glo hulle het ʼn regeringstender losgeslaan. Sebata sê met hierdie slenters word dikwels verwag die slagoffers moet ʼn bedrag geld in ruil betaal: