SA se privaatsektor effe stiller in Junie

‘n Peiling deur S and P Global Market Intelligence toon Suid-Afrika se privaat sektor-sakebedrywighede het in Junie gedaal. Die hoof-ekonoom David Owen sê uitsette en nuwe bestellings het afgeneem weens onsekerheid oor die verkiesings-uitkoms en die nuwe regering. Owen sê die S and P Global South Africa Purchasing Managers’ Index het in Junie gedaal tot 49,2 vanaf 50,4 in Mei. Hy verwag ‘n effense herlewing in verkope in Julie met ondernemings wat terugkeer na normale aktiwiteit.