SA se padveiligheidsveldtog vandag geloods

Terwyl se Namibië se veldtog reeds geloods is sal die buurland se vervoerminister, Sindiswe Chikunga, vandag amptelik die padveiligheidsveltog vir die feestyd bekendstel. Dit is vandag die Wêrelddag vir die Herdenking van Padverkeerslagoffers om erkenning te gee aan slagoffers van padverkeersongelukke en hulle families, soos die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering dit in 2005 aanvaar het. Die woordvoerder van die Paverkeersbestuurskorporasie, Simon Zwane, sê die fokus van vanjaar se veldtog is die impak van alkohol op die gedrag van padgebruikers en die bydrae wat dit maak tot die slagting op paaie: