SA se padnetwerk fasiliteer nie ekonomiese groei nie
Vervoerminister Barbara Creecy sê Suid-Afrika se paaie en spoornetwerk is die slagare van die nasie en behoort mense en goedere veilig te vervoer en skakeling met die res van die vasteland en die wyer wêreld te vergemaklik. Creecy was die hoofspreker op die Suider-Afrika-vervoerkonferensie in Pretoria. Sy sê die sektor werk nie as ‘n doeltreffende ekonomiese fasiliteerder of as ‘n maatskaplike diens nie.