SA se Mogoeng Mogoeng vertel van doodsdreigemente

Suid-Afrika se afgetrede hoofregter Mogoeng Mogoeng sê nie eens doodsdreigemente sal in sy pad staan om eendag president van die land te word nie. Hy het in 2022 die eerste keer openlik oor sy aspirasies gepraat om president te word en gesê hy glo hy is daartoe geroep. Mogoeng sê daar was die afgelope twee jaar verskeie pogings om hom te elimineer.