SA se Meder in 200m individuele wisselslag halfeind

Olimpiese Spele: Rebecca Meder van Suid-Afrika is net-net deur na die halfeindronde van die 200-meter individuele wisselslag. Sy het vierde geëindig in haar uitdun, maar in die 16de vinnigste tyd klaargemaak. Die 16 vinnigste swemmers in die vyf uitdunne het vir die voorlaaste ronde gekwalifiseer wat net na nege vanaand plaasvind. Die eindronde is môreaand. Die Kanadese tiener, Summer McIntosh, het die vinnigste tyd opgestel. Sy het reeds goue medaljes verower in die 200-meter vlinderslag en die 400-meter indviduele wisselslag.