SA se lone nog nie geslag-gelyk nie
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het ‘n beroep herhaal vir gelyke vergoeding vir die geslagte in Suid-Afrika. Die Wêreld Ekonomiese Forum se Global Gender Gap Report wys op Suid-Afrika se aansienlike inkomste-ongelykheid, met vroue wat steeds 23- tot 35-persent minder verdien as mans in dieselfde rolle. Die kommissaris Prabashni Subrayan-Naidoo sê om die kwessie aan te spreek vereis die bevordering van gelykheid met geleenthede, deursigtigheid, samewerking en bemagtiging. Sy sê hoë werkloosheid vererger die ongelykheid.