SA se jong Turke soek SA Ope-triomf

Jayden Schaper en Ryan van Velzen skop vandag se beslissende ronde van die Suid-Afrikaanse Ope in Johannesburg gesamentlik voor af op nege onder syfer. Die twee goeie vriende het saam vordering gemaak in die sport en ding nou mee op die Sonskyntoer. Schaper het ‘n stewige derde ronde afgerond met ‘n vyf-onder-syfer 67. Van Velzen was geduldig vir sy twee-onder-syfer 70. Die Suid-Afrikaners is een hou voor hulle landgenoot Louis de Jager, wie se telling ook op 70 staan.