SA se gryslys sal ons raak, maar daar nie rede tot paniek nie

Die Namibiese ekonomie voel ook die impak van die Finansiële Aksie-taakspan wat Suid-Afrika op die gryslys geplaas het. Dit plaas die buurland in die geselskap van lande soos Sirië, Nigerië, Haiti, Jemen, die Verenigde Arabiese Emirate en Mosambiek. Die waghond se besluit is ʼn sein aan internasionale banke, finansiële instellings en beleggers dat die land nie ten volle voldoen aan standaarde ten opsigte van geldwassery en die finansiering van terrorisme nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, Bisey /Uirab oor hoe groot die impak op Namibiese besighede sal wees.