SA se groentalent-poel sal moet verdubbel vir energie-oorgang

Suid-Afrika het volgens berigte ʼn aansienlike tekort aan die nodige talent vir die oorgang van steenkool na hernubare energie. Multinasionale korporasies het te min opgeleide tegnici en ingenieurs om grootskaalse wind- en sonkragplase op te rig en te onderhou. Volgens ʼn navorser by die Universiteit van Pretoria, Sean Kruger, moet die groentalent-poel teen 2050 verdubbel as die wêreld wil wegbeweeg van fossielbrandstof. In sy artikel in The Conversation, sê hy ʼn strategie om groen talent te ontwikkel is noodsaaklik om Suid-Afrika se groen ekonomie te bevorder.