SA se dokters het nie werk nie

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Staatsamptenare sê hy is uiters bekommerd oor die toenemende aantal werklose dokters, veral in die Oos-Kaap. Byna 700 mediese dokters in die land kon sedert hulle gekwalifiseer het, nie werk kry in die openbare sektor nie. Dit word toegeskryf aan ʼn krimpende begroting, stygende salarisse en hoë eise weens mediese nalatigheid. Die vereniging sê die regering moet keer dat ʼn situasie ontstaan waar dokter weens ʼn gebrek aan werksgeleenthede gedwing word om die land te verlaat.