SA se Covid-regulasies draai dalk in die hof

Die DA in die buurland wil regsadvies inwin oor die Covid-19-regulasies wat ingevolge die Nasionale Gesondheidswet afgekondig word. Die party sê die wettigheid van dié regulasies moet bevraagteken word, aangesien dit soortgelyk is aan die vorige regulasies van die Rampbestuurswet, wat nou verval het. Die DA-lid Michele Clarke sê daar is nie ‘n tydraamwerk gekoppel aan die afgekondigde regulasies nie en daar sal dus van Suid-Afrikaners verwag word om nimmereindigend in ‘n ramptoestand te leef: