SA se buitelandse beleid nie teenstrydig: Cyril

President Cyril Ramaphosa het die voorstel verwerp dat die Suid-Afrikaanse regering ‘n teenstrydige buitelandse beleid oor menseregte volg. Ramaphosa het met joernaliste by die Kaapstadse Persklub gepraat nadat hy op die staatsrede-debat gereageer het. Hy sê menseregte is die grondslag van die land se buitelandse beleid. Die president sê hy streef vrede na, nie net in Gaza, Palestina nie, maar ook in Oekraïne, Soedan en in ander Afrika-lande.