SA se binnelandse sake vorder met digitalisering

Binnelandse sake in die buurland se projek om sy rekords van die hardekopie-weergawe na die digitale formaat om te skakel, het begin. Minister Aaron Motsoaledi het die eerste groep, van die meer as 10 000 jongmense wat die taak sal aanpak, ontmoet en toegespreek. Die driejaar-projek het ten doel om te verseker die 350 miljoen rekords van Suid-Afrika se bevolking word gedigitaliseer: