SA se belastingbetaler het baie uitgegee vir Wêreldbeker-pret
Belastingbetalers het meer as 1,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand betaal vir die reis en verblyf van die superondersteuners Mama Joy Chauke en Botha Msila tydens verlede jaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk. Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur het die inligting verskaf aan die burgerregtegroep AfriForum, wat dit aangevra het ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. AfriForum se veldtogbeampte, Charné Mostert, sê sekere besonderhede oor die ondersteuners se volle besteding is steeds nie bekendgemaak nie: