SA se 2020 Algemene Huishoudelike Opname wys pandemie het grootste impak op kinders

In die buurland dui die 2020 Algemene Huishoudelike Opname aan die voortslepende Covid-pandemie raak meestal kinders in Suid-Afrika. Die opname, wat deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is, het bevind die virus het ‘n merkbare uitwerking op die aard van versorging vir kinders jonger as vier jaar. Stats SA se woordvoerder, Felicity Sithole, sê die persentasie kinders wat voorheen graad R, voorskool, kleuterskool en Edu-sorgsentrums bygewoon het, het vanaf 36,8 persent in 2019 afgeneem tot 24,2 persent verlede jaar.