SA sal nog twee jaar op gryslys bly

Die Instituut vir Sekerheidstudies sê Suid-Afrika se gesukkel om van die gryslys gehaal te word, is deels toe te skryf aan die gebrek aan politieke wil om geldwassery en finansiering aan terroriste te bekamp. Die Finansiële Aksietaakmag het die land verlede Februarie op die gryslys geplaas omdat hy die meeste van die taakspan se vereistes om onwettige finansiële aktiwiteite te keer, nie nagekom het nie. Die instituut sê finansiering aan terroriste bly ʼn probleem in Suid-Afrika en voorspel die land gaan nog meer as twee jaar op die gryslys bly.