SA sal nie wette omseil met Putin se besoek

Suid-Afrika sal nie die wet omseil om President Vladimir Putin na die land te laat kom vir die Brics-beraad in Augustus nie. Dit is die reaksie van die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, op die DA se aansoek om die Russiese President in hegtenis te laat neem indien hy na die land kom. Mbalula het aan die media gesê Suid-Afrika weier om deel te vorm van komplotte om Putin in hegtenis te neem en sal die aangeleentheid streng hanteer volgens die vereistes van die Grondwet.