SA sakevertroue-indeks toon herstel na verkiesing
Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, SACCI, sê die omvorming van die politieke omgewing word weerspieël in die sakeklimaat wat aanvanklik in Mei gewankel het, maar in Junie en Julie begin het om te herstel. SACCI se Sakevertroue-indeks het – na dit aanvanklik met 5,8 indekspunte in April gedaal het en ‘n verdere 1,1 indekspunte in Mei – met 1,2 in Junie en 0,1 in Julie herstel. Sakevertroue is positief beïnvloed deur ‘n styging in nuwe voertuigverkope en ‘n sterker en minder wisselvallige rand-wisselkoers.