SA Rugby soek sy spelers van die jaar

Vyf Wêreldbeker-wenners ding mee om vereer te word as SA Rugby se speler van die jaar vir 2023. Hulle is Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Siya Kolisi, Frans Malherbe en Damian Willemse. Die Springbokke is benoem as span van die jaar en hoofafrigter Jacques Nienaber as afrigter van die jaar. Die Bok-agterspelers Canan Moodie en Jaden Hendrikse kom te staan teen Sacha Feinberg-Mngomezulu, Evan Roos, and Ruan Venter as jong speler van die jaar. Die wenners word vroeg volgende jaar bekend gemaak.