SA Rugby oorweeg afrigtersverandering vir swak-presterende Blitsbokke

SA Rugby oorweeg afrigtersveranderings vir die Blitsbokke na ‘n reeks minder indrukwekkende uitslae sedert hulle oorwinning in Dubai. Die hoofafrigter Sandile Ngcobo sal waarskynlik plek maak vir sy assistent Philip Snyman vir die oorblywende drie byeenkomste in die Wêreldsewesreeks. Die Blitsbokke is sewende op die punteleer, met die toernooie in Hongkong, Singapoer en Madrid wat oorbly. Hulle het ‘n agterdeur-kwalifikasie nodig vir die Olimpiese Spele deur die repechage in Monaco in Junie, en SA Rugby sal wil seker maak die kans word nie verbrou nie.