SA Reserwebank wil bank-deponeerders beskerm

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Suid-Afrika se eerste deposito-versekeringsliggaam gestig, naamlik die Korporasie vir Deposito-versekering, oftewel Codi. Hendrik Nel van CODI sê die doel is om bank-deponeerders te beskerm. Hy sê hulle beplan dat die liggaam teen April volgende jaar volledig in bedryf sal wees.