SA Reserwebank verlaag repokoers na 8%
Die Reserwebank het die terugkoopkoers met 25-basispunte verlaag. Dit beteken die terugkoopkoers is nou laer op 8-persent. Banke sal die prima uitleenkoers tot 11-komma-25-persent verlaag. Die aankondiging volg op die besluit van die Amerikaanse Reserwebank om rentekoerse met 50 basispunte te verlaag. Dit kom ʼn dag nadat aangekondig is plaaslike inflasie vir Augustus was 4,4-persent, laer as die teiken van die Reserwebank van 4,5-persent. Die president van die Reserwebank Lesetja Kganyago het die nuus gedeel.