SA Reserwebank se Phala Phala-verslag werp geen lig op kwessie – ontleder
‘n Politieke ontleder in die buurland, Khaya Sithole, sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se verslag oor die beweerde diefstal van buitelandse geld op die Phala Phala-wildsplaas van President Cyril Ramaphosa, werp eintlik geen lig op die kwessie nie. Die Reserwebank het in ‘n verklaring bekend gemaak dat daar geen oortreding van regulasies oor buitelandse valuta was nie. Sithole sê die feit dat die bank sê die verslag sal weens die wetlike beperkings nie openbaar gemaak word nie, misken die wye openbare belangstelling in die saak. Sithole sê die gronde waarop die Reserwebank bevind het dat daar geen oortreding was nie, is ook omstrede. Die sentrale bank het bevind dat geen transaksie plaasgevind het nie, derhalwe is daar nie ‘n oortreding van valuta-beheermaatreëls nie.