SA rentekoerse dalk in September laer

Kenners voorspel dat rentekoerse in Suid-Afrika kan teen September verlaag word. ‘n Onafhanklike ekonoom, Elize Kruger, sê daar is ‘n verslapping in verbruikersinflasie die afgelope paar maande. Sy glo die land beweeg geruime tyd in die rigting. Kruger verwag egter die Reserwebank sal die koers vir eers onveranderd laat.