SA regstelsel moet ten alle koste beskerm word: RISE Mzansi

RISE Mzansi verwelkom die besluit van die Nasionale Vergadeing om ‘n ampsklag te bevestig teen die geskorste Wes-Kaapse regterpresident John Hlophe. Die party sê dit is uiters belangrik om klem te lê op die diepgaande belangrikheid van die werk en die onafhanklikheid van die regbank. Die woordvoerder, Boitumelo Mpakanyane, sê in ‘n grondwetlike demokrasie soos Suid-Afrika, is dit kritiek belangrik dat die reg moet voldoen aan die hoogste standaarde en sy amptenare moet optree soos dit hulle rol betaam.