SA regering werk aan werkloosheid, veral onder jeug
Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, het erkenning gegee aan Statistieke Suid-Afrika se tweede kwartaalverslag wat ‘n toename in werkloosheid van 32,9-persent tot 33,5-persent toon. Woordvoerder Teboho Thejane sê daar is voortgesette regeringsingrypings en vennootskappe met sakeondernemings om ekonomiese uitdagings aan te spreek. Hy het gewys op pogings om werksgeleenthede te bewaar en werksgeleenthede vir die jeug te ondersteun deur inisiatiewe soos die Presidensiële Jeug-indiensnemingsinisiatief: