SA regering waarsku oor onwettige inlywingskole

Die regering waarsku Suid-Afrikaners teen onwettige inlywingskole soos die winter-ontgroeningstydperk in dele van die land voortduur. Die direkteur van die Regeringskommunikasie- en inligtingstelsel, Tiisetso Ramotse, doen ‘n beroep op ouers om hul kinders te beskerm deur deeglike navorsing te doen voordat hulle na enige skool gestuur word. Ramotse sê die regering veroordeel die gruweldade en sterftes van jong mans en seuns weens besnydenis wat verkeerd loop, ten sterkste.