SA-regering verwelkom verlaging in repokoers

Die buurland se regering sê die daling in rentekoerse gee noodsaaklike verligting aan sakeondernemings en huishoudings terwyl die ekonomie van onlangse probleme herstel. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se monetêre beleidskomitee het die terugkoopkoers met 25 basispunte verlaag tot 8 persent. Dis die eerste daling in vier jaar. Die regering se woordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê hierdie positiewe besluit van die Reserwebank kom terwyl ekonomiese aanduiders bemoedigende tekens van stabiliteit toon: