SA-regering sal planne vir gure weerstoestande moet maak
Professor Guy Midgley van die Universiteit Stellenbosch waarsku die regering om voorkomingsmaatreëls in te stel teen natuurrampe en uiterste weerstoestande wat met klimaatsverandering verband hou. Die afgelope maande het dele van die land onder gure weer deurgeloop, met onder meer sneeu in KwaZulu-Natal. Midgley beywer hom vir beleggings in gevorderde weerdienste, vroeë waarskuwings en behoorlike ontruimingstrategieë om lewens te beskerm. Hy glo kennis en befondsing kan hierdie probleme doeltreffend oplos.