SA regering ‘sal nie werkloosheid kan afbring’

Saftu sê die regering se strategie van die afgelope 30 jaar kon ongelukkig nie daarin slaag om die ekonomiese groei te bereik wat benodig word om die katastrofiese vlakke van werkloosheid aan te pak nie. Mogoshadi Maserumule van Saftu sê met die sogenaamde regering van nasionale eenheid, is daar geen moontlikheid vir ‘n verandering in die land se ekonomiese rigting nie. Sy sê indiensnemingsyfers in die derde kwartaal se Kwartaallikse Arbeidsmagopname beïndruk die federasie glad nie.