SA regering moet Taiwan erken: Referendum-party

Die Referendum-party vra die regering van nasionale eenheid om ‘n openbare en ondubbelsinnige verklaring uit te reik wat bevestig hy erken die Taiwannese mense se reg tot selfbeskikking. Dit gebeur nadat Suid-Afrika Taiwan aangesê het om sy ambassade uit Pretoria te verskuif, volgens berigte glo op aandrang van China. Die president van die Referendum-party, Phil Craig, sê Suid-Afrika streef na die verdere afsondering van die mense van Taiwan.