SA-regering betaal nie diensverskaffers nie

Die Staatsdienskommissie in Suid-Afrika sê uit die 40 staatsdepartemente het slegs 15 hulle diensverskaffers betyds betaal. Tussen 1 Julie en 30 September is 117 158 fakture ter waarde van 11,1 miljard Suid-Afrikaanse rand ná 30 dae deur nasionale en provinsiale departemente betaal. Dit is ʼn verswakking van 12 persent. Die meeste fakture wat nie betyds betaal is nie, was in Gauteng en het 3,5 miljard rand beloop. Die gesondheidsdepartement is bo aan die lys wanbetalende departemente.