SA rand val tot nuwe rekord-laagtepunt
Die Suid-Afrikaanse rand het tot ‘n nuwe rekord-laagtepunt teenoor die Amerikaanse dollar gedaal ná die aankondiging van nog ‘n verhoging in die terugkoopkoers met nog 50 basispunte tot 8,25 persent. Die president van die bank, Lesetja Kganyago, het gesê het dit kan die einde van die verhogingsiklus wees. Die rand het verswak tot 19-rand-80-sent teenoor die Amerikaanse dollar, vergeleke met 15-rand-30-sent minder as ‘n jaar gelede. Die rand het ook verswak tot 21-rand-23-sent teenoor die euro en 24-rand-39-sent teenoor die Britse pond.