SA publiek ‘moet spaza eienaars laat registreer’

Die regering vra die publiek om nie die registrasieproses van spazawinkels en ander klein- en medium ondernemings te ontwrig deur sekere eienaars te verhoed om te registreer nie. Alle spazawinkels en plekke wat kos hanteer moet binne 21 dae by hulle munisipaliteite registreer. Dit is een van die ingrypings wat ingestel is om ‘n oplossing te vind vir die vlaag voedselvergiftigingsvoorvalle en handel in onwettige goedere. Foster Mohale van die Gesondheidsdepartement sê die regering sal alles moontlik doen om sake-eienaars te help.