SA-publiek moet sê oor nuwe onderwyswet

AfriForum doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse publiek om skriftelike kommentaar op die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette in te dien namate die sperdatum nader kom. Die Nasionale Raad van Provinsies se gekose komitee oor Onderwys het 19 Januarie bepaal as sperdatum vir voorleggings. Die organisasie voer aan die wetsontwerp bedreig onderwys omdat dit skoolbeheerliggame se besluitnemingsmagte na provinsiale Onderwyshoofde oordra. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Alana Bailey, vra wydverspreide openbare betrokkenheid…