SA-produsente het 90% van kersies reeds geoes

Die mega vrugteprodusent in Limpopo, ZZ2, sê hulle het hierdie week hul mikpunt bereik en 90 persent van hul kersies geoes. ‘n Woordvoerder, Philé van Zyl, het almal bedank wat betrokke was by die hele proses, soos die groei, oes, verpakking en verskaffing van plaaslike en internasionale kliënte. Die kersies sal plaaslik by 17 varsproduktemarkte in al nege provinsies beskikbaar wees, en die nuutste mark is in die Oos-Kaap. Daar is sowat 30 kersieproduksie-eenhede in Suid-Afrika.