SA Presidensie verwelkom inhegtenisname van Gupta-broers

Die Suid-Afrikaanse minister in die presidensie, Mondli Gungubele, sê die regering verwelkom die inhegtenisneming van die Gupta-broers in die Verenigde Arabaiese Emirate. Hy het op ʼn inligtingsvergadering na die kabinetsvergadering gesê die broers se uitlewering aan Suid-Afrika moet nog bevestig word aangesien onderhandelings tussen wetstoepassingsagentskappe in die twee lande voortgaan. Hy het daarop gewys dat die arrestasie van Atul en Rajesh Gupta, deur die polisie in Dubai, ʼn bewys is van die regering se voorneme om misdaad en korrupsie sonder aansien des persoons te beveg.