SA polisie vernietig miljoene rande se dwelms

Die buurland se polisiemag het dwelms ter waarde van 90 miljoen Suid-Afrikaanse rand in Kaapstad vernietig. Daar is tydens operasies in die Wes- en Oos-Kaap op die dwelms, insluitend tik, kokaïen en mandrax, beslag gelê. Dit is die vierde dwelmvernietiging hierdie boekjaar, wat byna ‘n miljard rand beloop. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê noemenswaardige sake sluit in die beslaglegging op mandrax ter waarde van 10 miljoen rand in Vredenburg, wat tot vier arrestasies gelei het, en die vernietiging van tik ter waarde van 18 miljoen rand in Beaufort-Wes.