SA parlementslede moenie vryheid van spraak misbruik
Die sekretaris van Suid-Afrika se Nasionale Vergadering, Masibulele Xaso, het parlementslede gewaarsku teen die misbruik van vryheid van spraak. Hy het getuienis gelewer aan die magte-en-voorregte-komitee wat die voorval op Junie 2022 bespreek het toe EFF-lede president Cyril Ramaphosa se begrotingsrede ontwrig het. Die tien EFF-LP’s staan tans tereg op aanklagte van ontwrigtende gedrag en Xaso het alle LP’s aangeraai om in ooreenstemming met parlementêre reëls op te tree. Hy het bygevoeg die speaker behou die reg voor om orde tydens ‘n sitting te verseker en moet toegelaat word om dit te doen.