SA-parlement het ‘n plan vir staatskaping aanbevelings

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê die Parlement het reeds ʼn implementeringsplan ontwikkel vir die 16 aanbevelings deur die Zondo-kommissie oor die Parlement se rol in die hantering van staatskaping. Sy het die media ingelig oor die vergadering van die voorsittende beamptes met Hoofregter Raymond Zondo. Daarvolgens sal hulle op vier sleutelgebiede fokus. Volgens Mapisa-Nqakula is dit parlementêre toesig en aanspreeklikheid, parlementêre toesig oor die uitvoerende reaksieplan, monitering van die Parlement se implementeringsplan en parlementêre hervormings om die instelling se grondwetlike mandaat te versterk: