SA-padvragvereniging het kommer oor Zim-permitte se verlenging

Die Padvragvereniging in Suid-Afrika sê hy is bekommerd oor die besluit om die geldigheid van die Zimbabwiese vrystellingspermitte te verleng omdat dit tot geweld en ontwrigting in die padvragsektor sal lei. Die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, het die permitte vir nog ses maande verleng. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê hulle herhaal hulle oproep vir ‘n doeltreffende stelsel om die verwagte skerp toename in aansoeke en administrasie te hanteer: