SA-owerhede hou betogings in Mosambiek dop, kommer oor grens

Die Suid-Afrikaanse Grensbestuursowerheid hou ʼn wakende oog oor hernude betogings in Mosambiek. Dit volg nadat opposisieleier, Venâncio Mondlane, ondersteuners aangemoedig het om drie dae lank te betoog oor verlede maand se omstrede presidentsverkiesing. Betogings ontwrig paaie en openbare vervoer in die hoofstad, Maputo. Die adjunk-kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Mmemme Mogotsi, bevestig daar is verhoogde waaksaamheid naby die grens namate spanning in die streek toeneem.