SA-opposisie staan saam oor Phala Phala-bevinding

Verskeie politieke partye het die verslag van die kantoor van die openbare beskermer verwerp wat President Cyril Ramphosa van enige blaam onthef het, wat sy Phala Phala-plaas betref. Politieke partye, wat die DA, ATM en EFF insluit, het gevra vir ‘n hersiening en die tersyde-stelling van die verslag. Die regsontleder Mpumemelo Zikalala sê die partye is skepties oor die metodes wat in die ondersoek gebruik is, en wil verdere ondersoek hê om ‘n regverdige beoordeling van die saak te verseker: