SA op hoë gereedheidsgrondslag vir ingevoerde cholera

Die buurland se adjunk-gesondheidsminister, Sibongiseni Dhlomo, sê hulle bly op ʼn hoё gereedheidsgrondslag vir moontlike ingevoerde choleragevalle van Zimbabwe wat tans in ʼn stryd gewikkel is met ʼn uitbreking van die siekte, wat tot dusver meer as 200 lewens geëis het. Suid-Afrika het twee laboratorium-bevestigde gevalle van die siekte in Limpopo aangeteken. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die departement, in samewerking met die Grensbestuursowerheid, het gesondheidstoetsing by die Beitbrug-grenspos verskerp om gereed te wees vir ingevoerde cholera-gevalle.