SA-ontvoeringskrisis: Nege, insluitend polisielid, vas

Vanuit Suid-Afrika sê die polisiediens, nege verdagtes, waaronder ʼn polisielid, is vasgetrek omdat hulle vermoedelik ʼn ontvoering-sindikaat bedryf het met hoofsaaklik Portugese sakelui in hulle visier. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die sindikaat was volgens berigte betrokke by minstens vyf ontvoerings van Portugese sakelui waar lospryse by die families geëis is. Sy sê in die jongste voorval is die sakeman Mandagaand buite sy sakeperseel in Bramley ontvoer. Hy is gister veilig en ongedeerd by ʼn huis in  Kempton Park gevind: