SA onderwysers wag vir Johnson & Johnson-inentings

Suid Afrika se tweede grootste onderwysers-unie, Naptosa sê hy is versigtig optimisties oor die nuus dat 300 000 dosisse Johnson en Johnson Covid-19-entstof die week in die land versprei sal word om onderwysers mee in te ent. Die besending entstowwe het vanoggend in die land aangekom en behoort teen Vrydag in die verskeie provinsies afgelewer te word.