SA-onderwys spreek GBV in skole aan
Die buurland se onderwysdepartement sê hy stel omvattende maatreëls in om geslagsgeweld te bekamp en om maatskaplike samehorigheid in skole te bevorder. Dit sluit in omvattende seksonderrig, toegang tot reproduktiewe gesondheidsdienste en die onderwysbeweging vir meisies en seuns om geslagsgelykheid te bevorder. Terence Khala van die departement sê hulle werk saam met verskeie departemente en agentskappe om beleid in te stel en gemeenskappe te betrek om geslagsgeweld te bekamp.