SA ondernemings verken Kanada weens verkiesingsonsekerheid
Suid-Afrikaanse ondernemings kyk toenemend na Kanada vir uitbreiding, te midde van onsekerheid in die komende nasionale algemene verkiesing. ‘n Kanadese immigrasie-raadgewer, Nicholas Avramis, sê daar was ‘n noemenswaardige toename van 31-persent in Kanadese werkspermitaansoeke wat in 2023 vir Suid-Afrikaners verwerk is. Avramis sê baie Suid-Afrikaners ondersoek geleenthede in die buiteland te midde van kommer oor die voortdurende ekonomiese uitdagings en potensiële politieke onsekerhede tuis. Hy beklemtoon Kanada se Aanvangs-visa-program is ‘n gewilde keuse vir innoverende entrepreneurs wat ondernemings oorsee wil vestig.